| Baälpriesters en Valse priesters in die Christendom :Website Builder |
| Inhoud :Insetsel deur Woordverwerker :Hoofstuk 1 :Hoofstuk 2 :Hoofstuk 3 :Hoofstuk 4 :Hoofstuk 5 :Hoofstuk 6 :Hoofstuk 7 :Hoofstuk 8 :Hoofstuk 9 :Hoofstuk 10 :Hoofstuk 11 :Hoofstuk 12 :Hoofstuk 13 :Hoofstuk 14 :Hoofstuk 15 :Hoofstuk 16 :Hoofstuk 17 :Hoofstuk 18 :Hoofstuk 19 :Hoofstuk 20 :Hoofstuk 21 :Hoofstuk 22 :Hoofstuk 23 :Hoofstuk 24 :Hoofstuk 25 :Hoofstuk 26 :Boeke |
| 1> Die stigters en die doel van liberalisme :Liberalisme In Die Afrikaanse Kerke I :Liberalisme In Die Afrikaanse Kerke II :2> Die stigters en die doel van liberalisme :Die Vuurrooi Draak :3> Die stigters en die doel van liberalisme :Prof. SJ Van der Walt :Opsomming |
| Hoofstuk 3 - Prof. SJ Van der Walt |
|
PROF. S J VAN DER WALT. Die volgende is 'n onderhoud wat die skrywer gevoer het met Prof. S J van der Walt van die Enkel Gereformeerde Kerk. Ongelukkig is die datum nie op die band vermeld nie, maar dit moes omstreeks Maart 1983 of 1984 gewees het. Hy is ook nog een van die stoere ou regse garde wat nie gelukkig is met die linkse rigting waarin die kerke gaan nie; en spreek ook sy kommer en misnoeë daaroor as volg uit!-"Elia se groot stryd was ook teen die baälpriesters, Hy was nie 'n man van Ja en Nee nie, of iemand wat op twee stoele gesit het nie. Hy het net een rigting gehad en dit was die regte rigting, Byna elke preek van my het van dié soort dinge bevat. Ek haal hulle in my preke aan as baälpriesters. (Dís nou die linkse prdikante). Die Hele bybelgeskiedenis soos ek dit sien vanaf Adam tot by die Antichris en tot by die einde, is 'n stryd tussen die magte van die duisternis en van die lig. Met ander woorde hierdie ding wat ons noem politiek: Kyk, ek preek politiek, maar nie party-politiek nie, maar Bybelpolitiek; en dit is God se Koninkryk en dit is die stryd. Daarom sê ek: Hierdie priesters of predikante wat so met die wêreld wil saamlewe en saampraat; hulle is besig om ons uit te verkoop. "Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God." (Jakobus 4:4) "Jy mag nie die meerderheid volg in verkeerde dinge nie." (Exodus 23:2) Ou Prof. Wolmarans van die Hervormde Kerk - hy is nou al afgetree - was 'n baie gesiene man in die Hervormde Kerk. Ons het hier op die stoep gesit en gesels. Hy sê toe: Prof., kan u vir my sê wat gebeur met Potchefstroom? Kyk, ek het altyd my lewelank gesê: Die Hervormde Kerk kan val en die Nederduitse Gereformeerde Kerk kan ook val, maar daar is een kerk wat nooit sal val nie, wat sal staan! En dit is die Doppers van Potchefstroom! Hy sê toe verder: Prof., wat het nou van Potchefstroom geword? Toe sê ek vir hom: Man, ek is jammer, ek moet jou nou sê, ek moet met jou saamstem! Hy sê: Waar is die kultus van Potchefstroom? Waar is hulle? Ek sê: Kyk, daar is twee dinge wat ek dink daarmee te doene het in sover dit met ons kerk, die Gereformeerde Kerk aangaan: Die een is die band wat ons met daardie kerk in Nederland, daardie Gereformeerde Kerk wat totaal verrot is, het. Ons het daardie band te lank gehou. Ek het hulle lankal gewaarsku, toe hou hulle nog vas. En 'n ander ding is die sending. Verstaan goed; ek is nie teen sending nie. Ek het in my lewe baie vir die sending gedoen, ek was hoeveel maal agter die Soutpansberge, die swart lande deurgereis en baie gedoen. Maar hierdie soort sending van vandag is 'n siekte! Dis die soort wat ons gekry het by Read en Van der Kemp en Philips. Daardie ou Engelse sendelinge. Dis 'n geheul met die swartman, dit gaan nie om die siel van die mens en om God se Koninkryk nie, maar dis 'n kwessie van saam heul; so 'n soort van, almal in een kraal jaag wat nie in een kraal hoort nie. Hulle help om die witman te vertrap en die swarte te verhef. En ek het ook gesê: en ek sê dit vandag nog: Ons grootste vyand is nie die swartman nie. Hy is soos 'n kind, man! Hy is nie 'n probleem nie. Ons het met hom goed oor die weg gekom, ons kan met hom goed regkom. Maar ons grootste probleem is hierdie, wat ek noem, witkaffers. (Wat die oorsaak van ons land se toestande is, soos dit is) Die witkaffers! Hulle lei die swartes op en hulle lei hulle na die verderf toe. ("Weë julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinstes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het. maak julle hom n kind van die hel, tweemaal erger as julle self." (Matthéüs 23:15) En hulle lei ons eie volk ook na hulle verderf toe. Ons grootste doodsteek is die Afrikaners van vandag. Nou moet ons nie ongelowig word en wil omspring soos die Israeliete ook gemaak het in die ou dae om te wil terug gaan na die vleispotte van Egipte toe nie: en ons siele verkoop vir geld nie. Daarom is die eintlike redding daarin dat ons terugkeer na die Woord van God en daardie Bybel vat; en ek wil so sê, dat nie net die predikante nie, maar elkeen van ons 'n priester van God, die Allerhoogste moet wees; om die waarheid te laat ken, dan kan ons seker wees die Here sal ons nie verlaat nie. Ons oorwinning is ons s'n. (Dieselfde as Griffin: Die Bybel en niks anders as die Bybel nie.) Kyk, dit word ons verwyt deur mnr P.W. Botha en al die hele klomp. Ons is nou die vreeslike klomp belhamels, ons is die bakleiers: Ons! Hoe durf hy dit sê? Ons stel hulle kinders in gevaar op die grens. Hoe durf hy dit sê dat ons hulle kinders in gevaar stel? Net of ons s'n nie ook daar is nie. Hulle hou gedurig die kommunistiese gevaar voor, en ons ander (regses) baklei nou hier oor kleine nietighede soos die ontugwet. Dit beskou hy sommer as nietighede, en die groot gevare sien ons nie. Nou wil ek vir mnr P W Botha dit sê: Ek sien die gevare baie beter in as wat hy dit sien, dit wat aan die kom is uit die Noorde: Die Bybel praat ook gedurig van die Noorde. Dit is die magte van die duisternis, maar nou is daar dié verskil: Mnr Botha en die hele klomp liberaliste dink hulle sal daardie helse magte kan stuit en keer, en 'n hemel op aarde stig deur onderlinge vrede en vriendskap en deur so in te kruip, en deur toegee en afgee. Maar ek sê: Julle is besig om die vure van die hel verder aan te blaas, want die swart leiers sê: Nou het ons die witman net waar ons hom wil hê. Julle is die mense wat ons seuns in die rug steek, want daar moet hulle opoffer en hier is julle besig met 'n beleid van oorgawe en weggee. Maar ons sê, kyk beveg die kommunisme met Gods Woord in die land as 'n Christen: As 'n Christennasie, staan jou man en waar daar geskiet moet word, daar sal ons skiet. ("Kyk 'n volk wat opstaan soos 'n leeuwyfie, en soos 'n leeu verhef hy hom. Hy gaan nie lê voodat hy roof eet en die bloed van dié wat verslaan is, drink nie. God wat hulle uit Egipteland uitgelei het, is vir hulle soos die horings van 'n buffel." (Númerie 23:22,24)) Ons sien die gevaar net so goed in, selfs beter, maar ons het 'n baie beter verdedigingsmetode. Ons skuil agter die Almagtige God, die getroue verbonds God. In Sy naam sal ons hierdie stryd stry en sal ons die oorwinning behaal. Ja, die leërskare van die Lam. Maar nou gaan die kerk ook agter die invloed van die bose magte aan. Maar dit moet ons verwag, want die Here Jesus het gesê: In die laaste dae sal daar baie valse profete opstaan en hulle sal roep en alles doen vir vrede! Vrede! Maar daar sal geen vrede wees nie. Ons lees in 2 Thessalonicense 2, hoedat die Antichris in die tempel van God sal sit en maak asof hy God is. Dis 'n anti-godsdiens van die laaste dae, 'n godsdiens van die mens in dié dae, wat hom stel teenoor die ware godsdiens van die Bybel waarin ons God op die troon stel; en ons moet maar die valse godsdiens van vandag verwag soos dit is. Kyk, die Bybel wys ook in Openbaring 13:11-14 na die lam met die twee horings wat die wêreld verlei agter die bees (bose magte) aan. Dis die Antichris. Hy wat lyk soos 'n lam maar in wese is dit die satansmag. Dis die valse kerk! Dis die valse kerk en daarom dra hy uiterlik die kentekens van die lam terwyl hy innerlik 'n draak is. Maar in die tussentyd lei hy die wêreld agter die magte van die bose aan. Ek haal dié soort predikante in my preke aan as baälpriesters. En daar in Openbaring 14 kry jy dit dan so mooi hoe dat op die ou end hierdie valse en bose magte dan neergeslaan word as Christus verskyn met die tweesnydende swaard uit sy mond en dan op Sionstop die nuwe Jerusalem die groot skare van verlostes die nuwe lied sing. So dit is dan maar hoe ons die dinge moet sien en verwag. (Valse godsdiens in laaste dae en nie ongodsdienstigheid: ds du Toit) Van 1948 af toe die Wêreldraad van Kerke gestig is, het ek my daarop toegelê om daarvan te lees, alles wat ek te lese kon kry. Dis baie jare al dat ek my besig hou met hierdie soort van dinge. Die wetenskaplike naam wat hulle hiervoor gebruik is "sinkretisme." Dis 'n samevatting van alle rigtings en rasse en godsdienste, ens., sommer so 'n verbastering of deurmekaar gemors. Toe was ek in Amerika in 1957 en het dinge daar deurgekyk. Ek het toe al daar gesien, dit het toe ook maar net daar begin, maar ek kon sien presies waaroor dit gaan. Dit was dieselfde dinge wat ook hier in Suid-Afrika aan die gang was, alhoewel hulle ons darem 'n bietjie vooruit was. Ná my terugkeer - toe was ek predikant hier anderkant Brits op Krokodilrivier - is 'n baie groot vergadering op Brits gehou deur die drie kerke saam oor dié toestande. Hulle het my ook kom vra om te kom praat. Ons was 'n hele stuk of ses wat gepraat het, onder andere ook Dr Koot Vorster en Prof. Adriaan Pont. Die stadsaal was tot oorlopens toe vol, talle mense was in die strate en luidsprekers is buite vir hulle opgerig. Van daardie jare af was die vuur so warm oor hierdie selfde goed. Ek doen toe aan die hand dat ons 'n kommissie moet stig uit die drie kerke om te kyk of ons nie samewerking kon vind teen dié gevare om dit te bestry, en miskien nog 'n eenheidsfront vir die doel te vorm. Daardie selfde ou Koos Potgieter L.V. vir Brits, was toe die man wat my teëgestaan het. Van daardie tyd af, het ek verskeie vergaderings orals gehou, soos in Pretoria, Naboomspruit, ens. en by almal oor hierdie selfde dinge gepraat. En in ons kerk en by ons sinodes het ek al die tyd 'n stryd gevoer en voortdurend gewys op die gevare wat hierdie dinge vir ons inhou, dis vir my niks nuuts nie. Maar ons mense was vas aan die slaap. Dit het maar hard gegaan, 'n harde stryd. Nou uiteindelik het die oë darem oopgegaan, en nou het hulle besluit om die bande met Nederland te verbreek. Maar dit het stryd gekos om hulle sover te kry. Ek: Maar nou Prof. die band is nou verbreek met Nederland, maar wat van die verrotting wat al so diep hier ingetrek het en al die skade wat gedoen word? Wat nou daarvan? Die genesing is hier ook baie noodsaaklik. Hy: "Ek dink ons moet 'n groot vergadering hier in Pretoria reël. Ek sal veral wil praat oor hoe ons kerke aangetas is deur die Wêreldraad van Kerke." Dis die einde van Prof. Van der Walt se gesprek
|
| Laaste keer geredigeer: 2005 / Geplaas: 31 Maart 2017 |
